Boodskap vir Vandag

Search

Bottoe

’n Veronregte broer is ontoegankliker as ’n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ’n fort – Spreuke 18:19.

In haar boek One thousand gifts vertel Ann Voskamp hoe sy een vroegoggend met ligte tred al haar glasvase vol sonneblomme maak en ontbyt vir haar gesin voorberei.

Haar hart loop oor van dankbaarheid vir al God se goeie gawes en ’n nuwe dag uit sy hand. Sy sien Hom in die dou op die gras, die geelvinke in die hoogste boomtoppe, die sonstrepe op die houttafel.

Maar dan storm twee van haar seuns die kombuis binne, ooglopend woedend vir mekaar. Die ouer broer gryp twee snye brood en druk dit in die rooster. Daarna nog. En hy gaan sit sonder ’n woord en smeer die hopie brood voor hom. Wanneer Voskamp hom vra om ook vir sy boetie ’n sny aan te gee, gooi hy dit verwoed na hom. Dit tref die jonger broer in die gesig.

Nie een van die twee partye is bereid om toe te gee en die saak uit te praat nie.

Woede maak ’n mens ontoeganklik. Bottoe.

Wanneer ek self smagtend na ander se versoenende woorde of vergifnis is, maar doelbewus kromrug agter die toe deur van stilte gaan sit, sê ek nee vir wysheid en groei en versoening. Ek kán of wil niks sê nie. Ek kruip agter my fortdeur met sy swaar sluitbalk weg.

Kinders is nog onhandig. Hulle gebruik woede en stilte om hul eintlike pyn weg te steek. Wyse ouers en volwassenes moet hulle dikwels help om deur ondeurdringbare skanse te breek.

Here, gee my ú wysheid om my gesinslede te help om in vrede saam te lewe. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed