Boodskap vir Vandag

Search

Bruin

Ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.

– Filippense 3:13

 

In die volgende paar stukke gaan ons stilstaan by die verskillende kleure van die hart. Elke kleur het twee simboliese betekenisse – ʼn ligkant en ’n skadukant. Om geestelik te groei en onsself nie te mislei nie, is dit nodig om ons hart se ware kleure gereeld in die lig van die

Here te ondersoek.

 

Kom ons toets vandag die bruin kleur in jou hart. Weerkaats dit die Here se lig, of gooi dit ’n skaduwee?

 

Bruin herinner my aan droë blare, klippe, grond, modder en vuil rioolwater. As ons ’n geestelike beeld hiervan sou maak, kan skadubruin verteenwoordigend wees van ’n gees wat besoedel is met ou bagasie van die verlede. Skadubruin simboliseer ’n hart wat so verstop is dat dit die werking van die Gees verhoed.

 

Is jou hart dalk die kleur van die rommel van jou verlede? Hou jy vas aan ou, verrotte emosies en gebeure van lank gelede? Ons harte verbruin wanneer ons nie vergewe nie en ou woede en wrokke te lank daarin opgaar.

 

Die Here nooi jou om hierdie donker skadubruin in te ruil vir sy goddelike lig(bruin) wat vryspraak en vergifnis verteenwoordig – nie net vir jou vyande nie, maar veral vir jou.

 

Vra die Gees van liefde om beweging in jou donker hart te bring sodat jy van die gif van die verlede ontslae kan raak en sy lig(bruin) kan weerkaats.

 

Bruisgebed vir ’n ligte hart: Vader, ek gee nou al my ou emosionele rommel in u hande oor. Help my om mense te vergewe en vry te spreek sodat ek u lig in my lewe kan uitstraal.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed