Boodskap vir Vandag

Search

Bulkalf

Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir Aäron gebring. Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan ’n beeld in die vorm van ’n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!” Toe Aäron dit hoor, het hy ’n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: “Môre is daar fees vir die Here!” – Eksodus 32:3-5.

Terwyl die Israeliete gewag het dat Moses van die berg Sinai af kom waar hy die Tien Gebooie van God ontvang het, het hulle ongeduldig en opstandig geraak. Hul herinnering aan God se stem het vervaag. Hulle het al sy beloftes vergeet. Hulle kon nie langer wag nie.

Op die punt van ’n groot geestelike seën wat God oor hulle wou uitstort, het hulle sy beloftes eenkant toe gestoot en hul lewe in eie hande geneem. Hulle wou God op hul eie voorwaardes aanbid en nie op syne nie.

Ons wat van buite af kyk, vra: Hoe kon julle dit doen? Hoe kon julle al jul goue oorringe sommerso afhaal sodat ’n goue kalf daarvan gemaak kon word? Kon julle nie maar nog ’n rukkie gewag het nie? God was op die punt om sy beloftes aan julle waar te maak!

Dieselfde vrae geld vir ons: Hoekom wag jy nie? Jy staan met sy beloftes in jou hand. Hoekom sit jy dit eenkant neer? Hoekom volg jy jou eie kop?

Ons wil God ook op ons eie voorwaardes aanbid. Ons vertrou Hom nie. Op dié manier skep ons vir onsself ’n woestyn.

Die tragedie van die bulkalf is ook óns tragedie.

Here, ek is skuldig. Vergewe my. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed