Boodskap vir Vandag

Search

Daagliks

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep (Psalm 145:18).

Karl Rahner het ʼn boek met die titel The mystical in everyday life geskryf. Vir Rahner is mysticism die ingesteldheid dat ons God elke dag kan ontmoet (encounter). Hy skryf:

“Mysticism helps recover the presence of God in the world and in everyday life; it makes intelligible the personal experience with God, unmasks false God experiences, and allows God’s presence to emerge where one might have overlooked it or ignored it.”

Dit is ’n baie praktiese ingesteldheid.

Rahner skryf verder dat ons die klein goedjies op ʼn Sondag-manier moet hanteer. Die klein is die openbaring van die groot, en die teenwoordige is die maturing of eternity, die ewigheid wat besig is om te vorm. Die alledaagse, die dinge, die goed, is irriterend en vervelig omdat ons kies om dit só te ontvang.

Rahner is oortuig – en miskien het hy ʼn punt beet – dat die wêreld ʼn beter plek sal wees as almal na God begin soek en Hom meer in die alledaagse raaksien.

Here, ek roep U in opregtheid aan. Help my deur u Gees om U oral om my raak te sien, veral in die alledaagse. Amen.

Lisel Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed