Boodskap vir Vandag

Search

Daagliks

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep (Psalm 145:18).

Karl Rahner het ʼn boek met die titel The mystical in everyday life geskryf. Vir Rahner is mysticism die ingesteldheid dat ons God elke dag kan ontmoet (encounter). Hy skryf:

“Mysticism helps recover the presence of God in the world and in everyday life; it makes intelligible the personal experience with God, unmasks false God experiences, and allows God’s presence to emerge where one might have overlooked it or ignored it.”

Dit is ’n baie praktiese ingesteldheid.

Rahner skryf verder dat ons die klein goedjies op ʼn Sondag-manier moet hanteer. Die klein is die openbaring van die groot, en die teenwoordige is die maturing of eternity, die ewigheid wat besig is om te vorm. Die alledaagse, die dinge, die goed, is irriterend en vervelig omdat ons kies om dit só te ontvang.

Rahner is oortuig – en miskien het hy ʼn punt beet – dat die wêreld ʼn beter plek sal wees as almal na God begin soek en Hom meer in die alledaagse raaksien.

Here, ek roep U in opregtheid aan. Help my deur u Gees om U oral om my raak te sien, veral in die alledaagse. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.