Boodskap vir Vandag

Search

Deursyfer

“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid” (Jesaja 6:3).

Dit is die woorde wat die serafs rondom God se troon gesing het toe Jesaja sy roeping as profeet ontvang het.

In die kerkmusiek en aanbidding deur die eeue heen het dié uitroep as die sanctus begin bekendstaan. Taal is wonderlik, want dit breek wêrelde oop: Saam met die woord sanctus kry ons die woord sanctuary. Dit dui op ʼn plek waar ons iets kosbaar bewaar – van wilde diere tot bedreigde spesies.

Die lied van die serafs herinner ons dat die hele skepping ʼn sanctuary, ʼn heiligdom is. Die serafs sing nie verniet dat die hele aarde vol is van God se heerlike teenwoordigheid nie. In die New Revised Standard Version (NRSV) staan daar: “Holy, holy, holy is the Lord of hosts; the whole world is full of his glory.” Die woorde vol en full roep beelde op van deursyfer tot in elke oop ruimte, van omarm, omvou, van tot oorlopens toe vul …

Paulus verkondig aan die Grieke op die Areopagus: “Want deur Hom leef ons, beweeg ons” (Hand 17:28). Miskien moet die wind deur jou hare jou vandag net weer bewus maak van God wat alles met sy goedheid deursyfer.

Deursyfer my lewe, o Here, sodat ek deur U en vir U en tot eer van U sal leef. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed