Boodskap vir Vandag

Search

Die ABC van die Christendom

Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang (Lukas 19:6).

Ek het ‘n vriend wat ‘n arsenaal van stories, treffende aanhalings en segswyses het.

En hy ken hulle almal uit sy kop.

Die mees onlangse een wat hy soos altyd met ‘n breë glimlag vertel het, lui: “Die ABC van die Christelike geloof staan vir ‘Always be cheerful'”.

My vriend kry dit natuurlik van die groot apostel van die Christendom, te wete Paulus, wat dié leuse nie net in soveel woorde teenoor die gemeente in Filippi kwyt geraak het nie (Fil 4:4) – hy was sélf ‘n sprankelende voorbeeld van iemand wat te midde van aaklige omstandighede, altyd vrolik en bly was.

Paulus kry dit natuurlik weer van sy Heer en Meester, Jesus die timmerman van Nasaret wat ook Christus, die gesalfde van God, genoem is. Jesus se koms of sending na die aarde toe word nie verniet as ‘n tyding van groot blydskap aangekondig nie (Luk 2:10).

Want wanneer Hy eenmaal in die openbaar begin beweeg en werk, laat Hy ‘n spoor van vrolike bevryding en blye versekering agter (Luk 19:6). Trouens, die hele doel van Jesus se sending na ons aarde toe, was om lewe te bring – en dit in vrolike oorvloed (Joh 10:10). Ook sodat die droefgeestigheid ons nie oorweldig nie (Joh 15:11, 16:20-22).

Dat Jesus strome van nuwe lewe en blydskap in mense se lewens kon ontsluit, kom weer op uit sy blyvolle verhouding met sy Vader – dié God wie se koninkryk met ‘n bruilofsmaal vergelyk word (Matt 22:1-14).

En wie se grootste behae én blydskap daarin bestaan dat mense ontdek dat hulle God se kinders is wat die lewe elke dag saam met God mag vier (Luk 15:32).

O Here, bewaar ons vandag weer van daardie droefgeestigheid wat ons dag en ons lewe kan bederf. Gee ons u vreugde. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed