Boodskap vir Vandag

Search

Die Almagtige is by jou

Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige (Haggai 2:4).

Vir die opmerksame leser van Haggai is daar allerlei verrassings opgesluit in God se belofte om by die volk te wees wanneer hulle die land en die tempel moet herbou (Haggai 2:4-5).

Vereers, so hoor hulle, sal God nie hulle werk aan ‘n tempel wat nie langer die glorie en allure van vroeër bevat, verag nie. Nee, juis waar hulle in die kleine getrou is, die minder opvallende en indrukwekkende, sal God met sy Gees steeds by hulle wees (Haggai 2:3-5).

Want dít is hoe God self is en werk: deur ons nederigste arbeid hoog te ag en dit te gebruik om sy koninkryk te bou. Ja, die God van Israel is ‘n God wat uiteindelik in die gestalte van ʼn dienskneg onder ons kom woon en werk het.

Presies só, in nederige diens en offerbereidheid, het God sy unieke mag onder ons kom toon en vestig.

En dít is die tweede verrassende aspek van God se nabyheid aan sy volk in Haggai 2. Terwyl Hy onderneem om hulle in hulle nederige werk by te staan, doen Hy dit as die Almagtige, die Een aan wie alle mag in hemel en op aarde behoort, die Een wat teen alle weerstande of kwaad opgewasse is. Tot ses maal toe hoor ons dit in dié paar verse: “So sê die Here, die Almagtige.”

Geen wonder nie God kon hulle troos met dié woorde: “Skep moed …” (Haggai 2:4); ook dat die roem van die tempel (en hulle werk daaraan), in die toekoms gróter sal wees as in die verlede, en dat daar uiteindelik vrede op dié plek sal wees (Haggai 2:9).

Wéét jy dat dié belofte ook vandag vir jóú geld?

Here, onse God, dankie dat U ons nederigste arbeid hoog ag en dit gedurig met u almag omring en ondersteun. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed