Boodskap vir Vandag

Search

Die appèl van Henri Nouwen

ʼn Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer (Spreuke 16:23).

Daar was ʼn tyd toe byna elke NG predikant wat ek geken het die boeke van die bekende Nederlandse geestelike Henri Nouwen gelees het.

En daar was goeie redes hiervoor.

Eerstens was Nouwen ʼn gerespekteerde teoloog en Bybelkenner met die ongewone vermoë om sy insigte in helder, vars en verstaanbare taal oor te dra. Dit was altyd lekker om ʼn boek van Nouwen op te tel en te lees.

Daar was egter ook ʼn ander rede vir sy gewildheid, vir die groot appèl wat sy werk op mense gehad het. Dit was dat die waarhede wat hy so vrylik gedeel het volkome deurleef en eg was. Dit was meestal die neerslag van sy eie en dikwels intense omgang en worsteling met mense en die probleme en uitdagings van sy tyd.

Wie ʼn boek van Nouwen gelees het, is gewoonlik diep daardeur geraak. Asof die leser ontdek het: Hy weet presiés waarmee ek worstel en waarna ek verlang. Hy ken dit self.

Wat ons weer herinner dat egte selfkennis die sleutel tot alle ware ontmoetings is. En hoe waardeloos en selfs goedkoop godsdienstige slagspreuke of waarhede kan wees as dit nie vanuit die hart kom nie.

O Here, help ons vandag om meer eg te leef en eerliker te praat. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed