Boodskap vir Vandag

Search

Die belang daarvan om goed te maak

“… laat my U weer met toewyding dien” (Psalm 51:14).

Om jou sondes, die onreg en ongewensdheid van jou dade alleen te bely, is dikwels nie genoeg nie.

Dit moet gestaaf of aangevul word deur dade wat daarvan getuig dat jy die impak of skadelike effek van jou optrede of dade deeglik besef. En dat jy van plan of bereid is om iets daaraan te doen – om daarvoor te vergoed.

Sonder hierdie proses van daadwerklike herstel en goedmaak, kan die belydenis van skuld maklik leë en goedkoop woorde raak.

As gelowiges weet ons egter dat hierdie dade nie maklik kom nie. Daarvoor is ons as mense meesal net té ydel, trots en onbetroubaar. Sodat ons hulp en genade van elders, ja, van bo, van God benodig.

Dit is omdat Dawid dit besef het dat hy kon bid: “Wees my genadig, o God in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid. Was my skoon van my skuld, reinig my van sonde” (Ps 51:3-4). En dan: “… U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil hê dat ek moet lewe” (Ps 51:8). Of: “… laat my U weer met toewyding dien.” (Ps 51:14).

Wie só bid, is gewis bereid om daadwerklik te verander.

Mag ek vra: “Hoe staan dit in dié verband met jou vandag?”

O Here, gee my vandag die moed om daadwerklik te verander. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed