Boodskap vir Vandag

Search

Die belang daarvan om goed te maak

“… laat my U weer met toewyding dien” (Psalm 51:14).

Om jou sondes, die onreg en ongewensdheid van jou dade alleen te bely, is dikwels nie genoeg nie.

Dit moet gestaaf of aangevul word deur dade wat daarvan getuig dat jy die impak of skadelike effek van jou optrede of dade deeglik besef. En dat jy van plan of bereid is om iets daaraan te doen – om daarvoor te vergoed.

Sonder hierdie proses van daadwerklike herstel en goedmaak, kan die belydenis van skuld maklik leë en goedkoop woorde raak.

As gelowiges weet ons egter dat hierdie dade nie maklik kom nie. Daarvoor is ons as mense meesal net té ydel, trots en onbetroubaar. Sodat ons hulp en genade van elders, ja, van bo, van God benodig.

Dit is omdat Dawid dit besef het dat hy kon bid: “Wees my genadig, o God in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid. Was my skoon van my skuld, reinig my van sonde” (Ps 51:3-4). En dan: “… U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil hê dat ek moet lewe” (Ps 51:8). Of: “… laat my U weer met toewyding dien.” (Ps 51:14).

Wie só bid, is gewis bereid om daadwerklik te verander.

Mag ek vra: “Hoe staan dit in dié verband met jou vandag?”

O Here, gee my vandag die moed om daadwerklik te verander. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed