Boodskap vir Vandag

Search

Die bron van ware lewe

“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (Exodus 20:2).

Die eerste gebod waarin ons gemaan word om naas die God van die Bybel geen ander gode te hê nie, beteken nie dat daar nie ook ander gode bestaan nie.

Trouens ons hart, soos iemand dit eenkeer gestel het, is ‘n fabriek van gode. Net soos Aäron destyds met die goue kalf, skep elke geslag na behoefte sy eie gode.

Veral wanneer ons lewe sin en betekenis verloor en ons sekuriteit begin wankel, het ons dinge nodig wat die leemtes kan vul, ons behoeftes kan bevredig en ons vertroue kan herstel en voed.

En dit kan enigiets wees.

In sy boek met ‘n gelyknamige titel noem Richard Foster drie dinge of magte wat vandag as gode paradeer te wete: seks, mag en geld.

Daar is natuurlik baie meer. TV, sport en selfs ons fiets of selfoon – hoe ontspannend, plesierig en nuttig ook al – kan ‘n soort god word wat ons tyd en aandag op ‘n ongesonde manier opeis.

Die eerste gebod herinner ons daaraan dat die God van die Bybel die ware bron van lewe is, dat in sy weerlose liefde vir mense soos dit in die offer van Christus sigbaar geword het, daar ‘n fontein van lewe opborrel wat uniek en anders is.

Hierdie God vra onverdunde lojaliteit.

Here, God van Abraham, Isak en Jakob, en van Jesus – ons buig vandag weer laag voor U. Ons erken U as ons God, ons enigste God. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed