Boodskap vir Vandag

Search

Die deur op ’n skrefie

Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord – Kolossense 4:6.

As jong ma staan ek een Saterdag langs ’n netbalbaan waar twee spanne laerskoolmeisies entoesiasties heen en weer hardloop in hul poging om die groot ronde bal te gryp op pad doelpaal toe.

Net voordat die eindfluitjie blaas, verloor een van die kleingoed die bal in die doelsirkel en die ander span skiet die wendoel. Natuurlik is die verloorders teleurgesteld en stap hangskouers van die baan af.

Dit is egter die optrede van hul afrigter wat my bybly. In plaas daarvan om die spannetjie moed in te praat, vreet sy die ongelukkige meisie voor haar maats en die toeskouers uit.

Kinders is ontvanklik. Hulle kyk fyn. Hulle sien hoe ouers en gesagsfigure optree, en wanneer hulle onseker is, volg hulle die voorbeeld. Die netbalspelertjies het gehoor en gesien: Só tree my juffrou op. Onbewustelik ervaar hulle: Ek mag dus ook so met my maats praat.

Deur haar woorde en optrede het die afrigter die deur vir die kinders op ’n skrefie oopgemaak om op ’n soortgelyke manier teenoor mekaar op te tree. Hierdie meisie se maats het haar begin verkleineer. Sy het geleidelik haar selfvertroue en entoesiasme verloor. Voor die einde van die seisoen was sy nie meer deel van die netbalspan nie.

’n Gesagsfiguur se woorde en optrede sny baie dieper as wat hy of sy besef. Kolossense 4:6 is vir elkeen van ons bedoel. Ek kan dit egter nie alleen regkry nie.

Here, gee my die wysheid om te weet hoe ek elkeen behoort te antwoord. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed