Boodskap vir Vandag

Search

Die erotiese kant van God se liefde

Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom (Lukas 15:20).

Meeste van ons het groot geword met die gedagte dat God se liefde alle menslike vorme van liefde en vriendskap oorstyg.

Die aard van hierdie unieke liefde waardeur God uiteindelik die lewe van sy Seun vir ons sou gee, is uitgedruk in die Griekse woord “agape.”

Onlangs suggereer iemand by ‘n werkseminaar oor die Bybel en seksualiteit dat ons nie daarvan moet wegskram om ook eroties oor God se liefde te dink nie. Dit wil sê, as ‘n liefde wat daarna verlang om die geliefde innig te omhels, vas te hou en selfs te soen.

Dit klink wel vreemd en ongewoon om só eroties aan God se liefde te dink. Inderdaad moet ons versigtig wees om nie summier óns konsepte van liefde op God oor te dra. En tog is dit nie vergesog, ook nie onbybels, om God se liefde as ‘n daad van intieme ontmoeting en gemeenskap te sien nie.

Kyk maar net hoe Jesus oor God die Vader se liefde in Lukas 15:20 praat, naamlik as ‘n liefde wat innig verlang en jammer kry. En wat uiteindelik die geliefde by sy terugkeer entoesiasties tegemoet hardloop, omhels en soen (Luk 15:20).

Ook in Johannes 15:23 waar Jesus God se liefde beskryf as ‘n daad waarin God na ons wil kom en by ons wil woon, word gesinspeel op hierdie intieme, erotiese kant van God se liefde.

Om nie te praat van Jesus se uitnodiging om in Hom te bly nie (Johannes 15:4-8).

O Here, vandag besef ons weer hoe lief U ons het – nie alleen met woorde nie, maar ook inniger, meer intiem met U spreekwoordelike arms, hande en mond. Help ons vandag om in U arms te rus. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed