Boodskap vir Vandag

Search

Die geheim van ons uithouvermoë

Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou (2 Timoteus 4:7).

Die goeie wedloop waarmee Paulus gelowiges se lewe vergelyk, het ook ʼn ander belangrike kenmerk.

Dit word gedra en aan die gang gehou deur ʼn aantal sterk en belangrike verwagtings.

Die eerste verwagting – en hieroor skryf Paulus aangrypend in Filippense 1:6 – is dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal voer.

Hierdie onbegryplike geheimenis wat hom elke dag in ons lewe as gelowiges afspeel, was die groot geheim agter Paulus se merkwaardige uithouvermoë – die feit dat hy te midde van die felste teenstand en terugslae denkbaar nooit tou opgegooi het nie.

Dit was byna asof Paulus, terwyl die hindernisse op sy pad al groter en moeiliker geword het, met nóg meer erns, nóg groter toewyding en nóg meer blydskap God en sy medemens gedien het.

Uiteindelik was dit die wete dat God self in hom werk en hom bly dra wat daartoe gelei het dat Paulus aan die einde van sy lewe byna jubelend kon uitroep: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowige end-uit volgehou” (2 Tim 4:7).

Die goeie nuus is dat dieselfde God wat Paulus destyds in sy lewenswedloop onderskraag het vandag deur sy Gees ook in jóú werk.

O Here, ek weet nie aldag hoe om verder te gaan nie. Boonop is ek moeg. Maar, Here, ek hou daaraan vas dat U die werk wat U in my begin het nooit sal staak nie, maar enduit sal voer. Daarin rus my vertroue. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed