Boodskap vir Vandag

Search

Die Here se goedheid omvat alles

Here, U liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke (Psalm 36:36).

Ek sal dié oomblik altyd onthou.

Tydens my Aasvoëlkop-bediening in Johannesburg het ek een aand oorgestap kerksaal toe om te gaan luister hoe die kerkkoor oefen.

Dié koor onder leiding van die bekende orrelis, Fanie van Vuuren – deur wie se inisiatief die koor later ‘n baie mooi CD gemaak het– het dié aand by my aankoms die baie mooi, oorspronklik Duitse lied van Eduard August Grell gesing: “O Heer, u goedheid reik tot in die hemele en u waarheid so wyd soos die wolke.”

Behalwe dat die melodie my destyds diep aangegryp en ontroer het, het die lied my ook, byna soos met Psalm 46, daaraan herinner én getroos dat God in beheer is, maak nie saak wat gebeur of hoe ons party dae voel nie. Ook dat God góéd is en dat God se goedheid en trou alles omvat en deurdring, elke dag.

Wat ‘n groot waarheid om in te rus, veral wanneer dit party dae lyk asof die slegte en misdadige hoogty vier en die boosheid oorvat.

Dit is geen wonder nie dat die lied met ‘n jubelende en herhalende “halleluja!” eindig!

O Here, wat ‘n troos om vandag weer te weet dat U daar is en dat u goedheid alles omvat en deurdring. Saam met u kerk sing ons: “Halleluja!” Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed