Boodskap vir Vandag

Search

Die klomp dankbares, my heer!

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verlang (1 Tessalonisense 5:18).

Die week hoor ek ‘n eenvoudige verhaal met tipies mitiese trekke, hoewel met ‘n oulike les.

Die verhaal gaan oor een van baie duiwels wat ná ‘n dag se harde werk terugkeer na die hoofkwartier toe om aan sy baas, die hoofduiwel, te rapporteer.

Die terugkerende duiwel wat heeldag ywerig aan die woel was, is nie té ontevrede nie.

Soos dit ‘n goeie duiwel betaam wat sy ambag om te mislei en te verlei ken, kan hy ook sy suksesse vir die dag aanstip. En hy doen dit met groot oorgawe en behae, terwyl die groot duiwel goedkeurend knik en aanprys.

Ongelukkig, so rapporteer hy ietwat traag aan die einde, was daar tot sy verdriet ook ‘n vals noot in sy werk van die dag. Dit gaan naamlik om een groep op wie hy geen indruk kon maak nie. Hoe hy ook al probeer het, so vertel hy sugtend, “Hulle het verseg om na my verleidelike aanbiedinge te luister.”

Op die hoofduiwel se nuuskierige vraag oor wie so halsstarrig en onversetlik kon wees, was sy verleë antwoord: “Die klomp dankbares, my heer.”

Soos gesê, dit is geen sublieme verhaal met enige letterkundige waarde nie. Tog herinner dit ons aan ‘n belangrike waarde of deug. Dit is die deug van dankbaarheid.

Dankbaarheid, so vermaan Paulus (1 Thess 5:18), is ‘n deug wat die God van Christus by uitstek van ons verwag. Dit is ‘n deug wat ons hele lewe soos ‘n aangename geur behoort te vul en wat ons in alle omstandighede hoopvol en blymoedig kan stem.

Ons ook kan verskans teen allerlei negatiewe en afbrekende versoekings.

Ons kan dit maar glo.

Here, vervul vandag my hart met dankbaarheid waar ek nou tot U nader. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed