Boodskap vir Vandag

Search

Die krag van ontferming

God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak. Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee (Eksodus 1:20-21).

In Eksodus 1 en 2 ontmoet ons ʼn hele paar vroue wat agente van bevryding genoem kan word. Vroue wat vanweë hulle warm harte lewens gered en die weg gebaan het vir God om in te gryp en die Israeliete uit Egipte te red.

Ons lees van die vroedvroue Sifra en Pua wat besluit het om te jok omdat hulle geweier het om die Israeliete se babaseuntjies by geboorte te laat sterf. Hulle het dit gedoen selfs al het hulle hulle lewe in gevaar gestel. Ons lees van Moses se ma wat planne beraam het om haar kind te laat leef. Ons lees van Mirjam wat vinnig gedink het en van die farao se dogter wat die seuntjie in die mandjie jammer gekry en hom vir haarself gevat het sodat hy kan leef.

In haar boek ʼn Groter God beskryf Julie Claasens hulle as agente van bevryding wat deur deernis ruimte gemaak het vir leef en so ook ruimte gemaak het vir God se bevryding van die volk. ’n Klomp klein keuses vir deernis en lewe maak groter gebeure moontlik. Geen daad uit deernis gedoen, is ooit te klein nie.

Maak my ʼn agent van u deernis, Here, al kos dit my wat. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed