Boodskap vir Vandag

Search

Die kwade kan oorwin word

“… want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof (1 Johannes 5:4).

Soveel van ons gesprekke vandag draai om die probleme van ons land – oor swak regering, Eskom se gebrekkige kragvoorsiening, die ongehoorde korrupsie, selfverryking, onverskilligheid, diefstal en moord.

Noem maar op – die lysie is byna oneindig.

‘n Mens verstaan hierdie fiksasie op ons probleme – dit het al byna ‘n nuwe tydverdryf geword. Die gevaar is dat ons vasval in hierdie donker kante van ons land se groeiende geskiedenis. Dat ons heeltyd daaroor kla, ons oorgee aan die woede en frustrasie, ja, selfs nie langer omgee oor wat met ons land of ons eie lewe gebeur nie.

Die ergste is presies dít: dat ons moed en hoop kan verloor. Nie meer glo dat dinge wel ten goede kan verander nie. En belangriker nog: nie meer vertrou dat God steeds in beheer is en steeds die geskiedenis, ook van Suid-Afrika, in sy hande hou nie. En dat God van ons verwag om getrou te wees. Op ons pos te bly. Te doen wat ons hand vind om te doen. Ons roeping uit te leef – en dit met oorgawe, entoesiasme en selfs blydskap.

Ook met die vaste geloof dat ons, juis omdat die God van Jesus die geskiedenis rig en dra, die kwade met die goeie kan oorwin.

Is dit nie presies waaraan Johannes ons in sy eerste brief wil herinner nie: dat enigeen wat ‘n kind van God is, die sondige wêreld kan oorwin nie? (1 Joh 5:4).

O Here, wat ‘n troos vandag om te weet dat U in beheer is en dat ons as u kinders saam kan bou aan u koninkryk. Gee ons daartoe vandag weer die krag en die geloof. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed