Boodskap vir Vandag

Search

Die lig van sy vergifnis brand onophoudelik

“Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U” (Daniël 9:9).

Baie van ons sukkel om onsself te vergewe.

Dikwels hang dit saam met ʼn ongelukkige voorval of ʼn dwase keuse uit die verlede wat ons nie afgeskud kry nie. Wat ons keer op keer in die donker put van selfverwyt en depressie dompel.

Broer Roger, die charismatiese leier van die bekende Taizé-gemeenskap, het hierdie probleem goed geken toe hy geskryf het: “You say, ‘How can I fulfil myself when there is an image from the past which covers the spring of living water in ashes?’”

Hierop antwoord hy dan: “Forget the ravages of the past? Nobody can do that; nor the still throbbing pangs of clinging regret. But let one sigh rise deep from within you, and already you are overflowing with confidence. What holds you in its clutches is being dealt with by God.”

Broer Roger kon dié versekering gee omdat hy God se vergifnis vir opstandiges goed geken het. Daarom kon hy sy meditasie met hierdie mooi trooswoorde afsluit: “In times of darkness, when life loses its meaning and you are unsure even of your own identity, a flame still burns bright enough to lighten your night … The fire of his forgiveness plunges deep within you, dispelling your own confusion … That fire never says ‘enough’.”

Jy mag maar hieraan vashou!

O Here, sonder u vergifnis sou ek ondergaan en kwyn. Dankie daarvoor! Vandag wil ek my lewe opnuut bou op die versekering dat U barmhartig is en vergewe. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed