Boodskap vir Vandag

Search

Die poort tot ʼn nuwe toekoms

Tog sal ek weer begin om haar die hof te maak. Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê … Ek sal die Akorlaagte ʼn poort na ʼn nuwe toekoms maak (Hosea 2:13-14).

Een van die merkwaardigste gebeure in die Christendom se geskiedenis het in die vierde eeu nC plaasgevind.

ʼn Aantal Christene het die woestyn in getrek en dit etlike dekades lank hulle woonplek gemaak. Tereg het hulle later as die woestynvaders begin bekendstaan.

Hulle keuse was nie bedoel as opstand teen die destydse samelewing nie. Inteendeel. Deur die stilte van die woestyn op te soek wou hulle juis die weg baan vir die ontwikkeling van ʼn nuwe soort mens en samelewing – een waarin die sug na mag, rykdom en status nie langer voorop sou staan nie, maar wel die soeke na eenvoud, nederigheid, egtheid en liefde vir alle mense. In die stilte van die woestyn het hulle deur ʼn lewe van gebed en vas hierdie belangrike deugde ontgin en vir hulle toegeëien.

In ʼn pragtige boek oor die woestynvaders met die titel The Wisdom of the Dessert wys Thomas Merton, die Katolieke skrywer, daarop dat hulle daad van afsondering om meer suiwer en eg te kon leef ʼn innerlike reis behels het wat veel belangriker is as enige ruimtereis wat ons vandag kan onderneem. En oor hulle wysheid skryf hy:

“It was a practical and unassuming wisdom which enables us to reopen sources that have been polluted or blocked altogether by the accumulated mental and spiritual refuse of our technological barbarism. Our time is in desperate need of their kind of simplicity.”

Dit is nie toevallig dat God in Hosea 2 sy volk teruggeroep het na die stilte van die woestyn nie. Want, soos destyds, is dit vandag steeds die poort tot ʼn nuwe toekoms.

Here, dankie dat U nooit tou opgooi met ons nie. Ja, U lei ons, net soos met die woestynvaders, dikwels die woestyn binne om weer u stem te hoor. Maak ons daartoe bereid. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed