Boodskap vir Vandag

Search

Die rol van die woestyn

Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê (Hosea 2:13).

In die geskiedenis van Israel, maar ook van die Christendom, het die woestyn altyd ‘n belangrike rol gespeel.

Israel het ‘n groot deel van hulle vormingsjare as volk van God in die woestyn deurgebring. Jesus self sou later deur die Heilige Gees die woestyn binnegelei word om daar versoek te word, asook om die wil van sy Vader beter te leer ken.

In die vierde eeu het die bekende woestynvaders die wildernis opgesoek om aan die dekadente waardes van die samelewing te ontsnap en ‘n lewe in volkome gehoorsaamheid aan God te beproef.

In die boek Hosea word die woestyn weer ‘n plek van herstel en vernuwing nadat die volk van God afvallig geword het.

Die woestyn was belangrik omdat dit ‘n plek van stilte en afsondering was. ‘n Plek waar gelowiges, los van allerlei onnodige en ongesonde afleidings en verknogthede, hulle in nederige ootmoed tot God kon keer. En God die geleentheid kon kry om hulle opnuut met liefde aan te raak en vir hulle ‘n pad van hoop en vryheid, selfs van nuwe avontuur, aan te dui.

Gegee ons vol en gefragmenteerde lewe, het ons vandag méér as ooit sulke plekke en tye van afsondering en stilte nodig. Nie net kan dit ons ervaring van God se liefde en nabyheid help versterk nie. Dit gee ook moed, krag en perspektief in tye van beproewing.

Soos een van die woestynvaders dit gestel het: “Any trial whatever that comes to you can be conquered by silence.”

Die groot uitdaging bly steeds om sulke stil oomblikke in ons alledaagse lewe in te bou.

O Here, dankie vir die gawes van stilte en afsondering. Help my dit vandag weer sonder angs te ontvang – dit ook in te bou in my daaglikse lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed