Boodskap vir Vandag

Search

Die rykdom van ’n goeie naam

’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud – Spreuke 22:1.

’n Goeie naam is só waardevol dat dit in sekere lande deur die wet beskerm word, byvoorbeeld in gevalle waar jou naam in die media of in die openbaar belaster word.

Daar is verskeie spreekwoorde wat die belangrikheid van ’n goeie naam beklemtoon. ’n Skoolhoof sal ’n sportspan voor ’n sporttoer aanmoedig: “Hou ons skool se naam hoog,” of: “Moenie ons naam deur die modder sleep nie.”

In die verlede het ouer mense dikwels gesê: “Jou goeie naam gaan jou vooruit,” wanneer ’n jongmens die eerste keer uit die huis gaan om te studeer of werk.

’n Goeie naam leef voort lank nadat die eienaar daarvan nie meer daar is nie. Prediker 7:1 stel dit só: “’n Goeie naam is beter as reukolie, die sterfdag beter as die geboortedag.”

Die Belgiese priester-digter Anton van Wilderode skryf in ’n gedig ná die dood van ’n goeie vriend: “Jy is verby, maar bly met soveel spore in ons hart voortleef. Alles wat elkeen van ons van jou ontvang het, bly onvernietigbaar in ons besit.”

Ons moet nie slegs ons eie naam soos goud bewaar nie, maar ook sorg dat ons nie iemand anders se goeie naam skade laat ly deur ’n agteraf storie, negatiewe aanmerking of ’n gerug wat ons versprei nie.

Net so waardevol as wat ons eie naam vir ons is, is die naam van elke ander mens.

’n Naam is kosbaarder as silwer of reukolie.

Here, help my om so te lewe dat my goeie naam nie deur my woorde of dade besoedel word nie. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed