Boodskap vir Vandag

Search

Die vloek van verveeldheid

Nog ʼn bietjie slaap, nog ʼn bietjie sluimer, nog ʼn bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou soos ʼn rower, daar oorrompel die gebrek jou soos ʼn inbreker (Spreuke 6:10-11).

Nog iets waarmee mense wat ouer word sukkel, is die ervaring of vloek van verveeldheid.

Anders as vir baie jongmense, vir wie verveeldheid dikwels met “te veel”, met die oorvloed van voorregte en moontlikhede, saamgaan, is dit vir ouer mense net mooi die teenoorgestelde.

By hulle spruit verveeldheid dikwels voort uit die ervaring van te min, van verlies, van die gebrek aan ʼn duidelike lewensdoel. Vroeër het jy aktief gewerk. Jou werk was dalk as’t ware jou lewe. Jy was dalk so besig dat jy vir min ander dinge of selfs vir min ander mense tyd gehad het. Selfs vir stokperdjies was daar min ruimte.

En nou is die tyd van werk verby. Jy is afgetree. Of jy is, soos baie ander, sonder werk. Jy sit of lê rond; jy voel nutteloos; jy raak verveeld.

Maar weer, wie gelowig is, sien elke dag as ʼn gawe, as ʼn geleentheid om jouself te ontwikkel, om nuwe boeke te lees, om ander musiek te luister. Of as dit nie jou passies is nie, om stokperdjies te gaan soek wat jou dieper passies kan ontsluit.

Beter nog, as jy verveeld is, kyk rondom jou en begin iets doen, hoe klein ook al, wat tot voordeel van ander sal wees. Só, ontdek jy dalk, bou jy nie net aan God se koninkryk van liefde en vrede nie.

Jy oorkom ook die verveeldheid.

Here, vandag wil ons dit weer hardop vir onsself sê: “Wie op U ag slaan, sal nooit verveeld of arm wees nie.” Help ons om dit nie net te sê nie, maar dit ook te doen. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed