Boodskap vir Vandag

Search

Die vuur van God se vergifnis

Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af (Psalm 16:5)

In die huweliksformulier van een van die kerke, is daar ‘n sin wat my deur die jare altyd geraak, bygebly en getroos het.

Dit is die opdrag aan die egpaar om te leef uit dit wat Christus aan hulle geskenk het.

Die opdrag is troosryk, want dit beteken dat ons in die huwelik – ook in ons ander verhoudings – nooit totaal weerloos, alleen en hulpeloos is nie. Want daar is dinge wat Christus aan ons skenk wat ons kan dra en beskerm, waaruit ons met hoop en vertroue kán en móét gaan leef.

Veral wanneer dinge skeefloop en ons sukkel, kan dié geskenke ons help.

Die gawe van Christus is natuurlik allereers sy liefde wat ons moet help om – in die woorde van die formulier – “die selfsug te vermy” en te bou op die mooi dinge wat ons in mekaar vind.

Sy groot gawe is egter sy gawe van vergifnis. Die vermoë en krag om jou eie foute en swakhede, asook dié van die ander een, vrymoedig op die tafel te sit, te erken … en dit dan te vergeet en toe te dek met nuwe aanvaarding, voorneme en liefde. Kortliks: Om die nagmerrie en misverstande, ja, die baklei van gister, agter jou te laat.

En op dié manier telkens weer óór te begin.

Sonder hierdie daaglikse vergifnis, bly ons huwelike en verhoudings kwesbaar, kan dit maklik in onvergenoegdheid, ongeduld en selfs bitterheid verval.

Die wonder is dat hierdie genade om te vergewe, danksy Christus se werk, elke dag beskikbaar en moontlik is.

In die woorde van broer Roger van Tiazé: “The fire of God’s forgiveness flames deep within us, dispelling our many confusions. God calls you by name. That fire burns the very roots of bitterness. That fire never says ‘enough’.”

Here, dit bly U grootste geskenk aan ons – dat U, ondanks ons vele oortredings en foute, ons steeds bly vergewe, elke dag. Help ons om pal daaruit te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed