Boodskap vir Vandag

Search

Die waarde van geduld

Verbly julle in die hoop; wees geduldig wanneer julle swaarkry; volhard in gebed (Romeine 12:12, Direkte vertaling).

Dit is nie sonder rede dat Paulus ons daaraan herinner om geduldig te wees wanneer ons swaarkry nie.

Geduld, anders as ongeduld, probeer immers nie onmiddellik redes soek of antwoorde afdwing wanneer die ongeluk ons tref nie. Geduld is die vermoë om te wag totdat die tyd ons leer of, nog beter: totdat God self mettertyd weer sy lig van hoop en nuwe geloof oor ons laat skyn.

Geloof is in dié opsig ʼn perspektief wat dikwels eers later kom, nadat ons tot rus en bedaring gekom het, as ʼn nuwe wete en ontdekking wat by ons begin deurbreek.

In die woorde van die teoloog Walter Breugemann: “We do not always know the gifts of God in advance. But given the perspective of faith, we can in subsequent reflection discern the amazing movement of God in events we had not noticed or which we had assigned to other causes.”

Maar vir hierdie onderskeidingsvermoë het ons die geduld en volhardende gebed waarna Paulus verwys so nodig.

Here, gee ons vandag die geduld wat op U wag en wat steeds in gebed volhard. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.