Boodskap vir Vandag

Search

Die waarde van geduld

Verbly julle in die hoop; wees geduldig wanneer julle swaarkry; volhard in gebed (Romeine 12:12, Direkte vertaling).

Dit is nie sonder rede dat Paulus ons daaraan herinner om geduldig te wees wanneer ons swaarkry nie.

Geduld, anders as ongeduld, probeer immers nie onmiddellik redes soek of antwoorde afdwing wanneer die ongeluk ons tref nie. Geduld is die vermoë om te wag totdat die tyd ons leer of, nog beter: totdat God self mettertyd weer sy lig van hoop en nuwe geloof oor ons laat skyn.

Geloof is in dié opsig ʼn perspektief wat dikwels eers later kom, nadat ons tot rus en bedaring gekom het, as ʼn nuwe wete en ontdekking wat by ons begin deurbreek.

In die woorde van die teoloog Walter Breugemann: “We do not always know the gifts of God in advance. But given the perspective of faith, we can in subsequent reflection discern the amazing movement of God in events we had not noticed or which we had assigned to other causes.”

Maar vir hierdie onderskeidingsvermoë het ons die geduld en volhardende gebed waarna Paulus verwys so nodig.

Here, gee ons vandag die geduld wat op U wag en wat steeds in gebed volhard. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed