Boodskap vir Vandag

Search

Die ware gebed

Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog (Jakobus 4:10).

Dit is duidelik dat die dissipline van gebed vir Jakobus baie belangrik was.

Nie alleen omraam hy sy brief met die oproep tot gebed nie (Jak 1:5, 4:2, 5:13-18), maar hy is vas oortuig dat die regte manier van bid ons lewe en dié van die gemeente kan verander (Jak 5:16).

Só, waarin bestaan hierdie meer egte vorm van gebed waaroor hy dit het?

Allereers dat ons dit sal waag – ook as moderne, selfstandige mense – om voortdurend, elke dag, in nederige afhanklikheid, bewus van ons eie armoede, ellende en behoeftigheid, voor God te gaan buig (Jak 4:7-10).

Dan om in stilte, voordat óns begin praat, eenvoudig te luister. Sodat God deur sy Woord en die influisteringe van sy Gees met ons kan begin praat. Méér nog, ons met sy liefde kan bedien (Jak 4:6).

Want dít is waarvan die verhale, briewe en geskrifte van die Bybel ons oor en oor wil vertel. Daarom moet ons ons denke en planne biddend daarin drenk.

Waarskynlik is dít die hoogtepunt van gebed wanneer ons, amper soos die verlore seun, hierdie gawe ontvang. En dan eenvoudig met geduld en afwagting daarin begin rus (Jak 5:8). Sodat ons versterk kan word, nie net om ons eie laste met blymoedigheid te dra nie, maar ook die laste van ander – dit is die siekes, sondaars en gekneldes (Jak 5:15).

En dit kan ons doen deur onder andere ook vir hulle te bid en in te tree.

Uiteindelik, so skryf Jakobus, is dit waarop ware gebed uitloop (Jak 5:13-16).

Here, leer ons vandag om te rus in u liefde. Sodat ons ook met vrymoedigheid vir ander kan intree. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed