Boodskap vir Vandag

Search

Die weg tot ware blydskap

Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is (Lukas 3:7-8).

Verbasend genoeg is Lukas 3:7-18 – oor Johannes die Doper se vreemde prediking – ook deel van dié week se tekste wat ons oproep tot blydskap.

Verbasend ja, want Johannes se woorde klink so vreugdeloos. So vol oordeel en verdoemenis. Dit praat wel van verlossing en vergifnis, suggereer selfs ‘n titseltjie vreugde (Luk 3:3-6). Maar dit dring allereers aan op bekering, verootmoediging en terugkeer.

Dit is om jou eie armoede te besef. Om voor God met leë hande te kom staan. En dan te vrá, presies soos die mense (Luk 3:10), tollenaars (Luk 3:12) en soldate (Luk 3:14) in hierdie gedeelte: “Meneer, wat moet ons doen?”

Tereg skryf die teoloog, Debie Thomas, hieroor: “What should we do? That is not a question people ask when things are going well. It’s the question we ask when we’ve come to the end of ourselves. When the received wisdom has failed, when our cherished defences are down, when our lives are splitting at the seams … when we’re weary, bored, disillusioned, or desperate.”

Maar dit is waar egte bekering begin. Ook waar die weg tot ware blyskap geleidelik begin oopgaan.

Dit is geen wonder dat die skare Johannes in groot getalle bly volg het nie, ondanks sy harde woorde (Luk 3:7-9).

Hulle het gewéét.

O Here, leer ons vandag opnuut die weg tot ware blydskap, ja, die weg van egte bekering.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed