Boodskap vir Vandag

Search

Dieselfde Gees werk in ons

Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon (Romeine 8:11).

In sy kommentaar oor die Lukas-evangelie, maak die bekende teoloog, Helmuth Gollwitzer, die belangrike opmerking dat ons in die goeie gewoonte moet kom om saam met die Paasberigte altyd ook Romeine 8 te lees.

In dié verband het hy veral die uitspraak van Paulus in Romeine 8:10-11 in gedagte gehad.

Daar deel Paulus ons die verrassende nuus mee dat die Gees van God wat Jesus uit die dood opgewek het, nou ook in ons woon en werk.

Die implikasies hiervan is geweldig. Om mee te begin, beteken dit dat ons die bykans ongelooflike kan weet: Diep in ons lewe, dikwels sonder dat ons dit eers sien of direk ervaar, is daar ‘n ander krag aan die werk — die krag van God se Gees wat ons aan die lewe van Christus deel gee.

Selfs sý lewe gestalte gee en sigbaar maak in óns lewe.

En dit is ‘n lewe waarin ons nie net vrygemaak is van alle onnodige skuld en vrese nie, maar ook vry is om onsself voortdurend as die geliefdes van Christus te sien en te aanvaar. Wie een eenmaal, danksy die Gees, só ver gekom het, word uiteindelik ook vry om ander te omhels.

Selfs al dink hulle nog jý is hulle vyand.

O Gees van God, vernuwe my en vul my vandag met Christus se lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed