Boodskap vir Vandag

Search

Dit is jou beurt

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie – Jesaja 43:18.

By ’n familiebyeenkoms hoor ons verhale van Christenvoorgeslagte se daaglikse wandel saam met God. Ons hoor van onvermoeide gebede, van hoop en geloof en volgehoue diensbaarheid en die uitwerking op menselewens. Ek besef hoe ver ek tekort skiet.

Ek is nog ’n kleuter in die geloof, sê ek ná die verrigtinge aan ’n 94-jarige familielid. Hy antwoord: “Ons is die volgende geslag. Ons moet voortbou op ons voorouers se nalatenskap, maar ons skryf nóú ons eie geloofstorie. Ons moet mekaar leer ken en ons stories vir mekaar vertel. Dan kan ons mekaar bemoedig en versterk wanneer ons onbekwaam en onmagtig voel. Ons is self daarvoor verantwoordelik om ons geloofstories aan ons kinders na te laat. Maar hulle moet ook weet van ons twyfel, terugslae en krisisse.”

Ek kry net een lewe, een enkele beurt. Dit is mý verantwoordelikheid om wysheid na te jaag en die Here in opregtheid te dien. Spreuke 14:26 moet ook van my waar wees: “Wie die Here dien, het daarin ’n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling.

Dankie, Here, dat U ons hart ken. U weet, al maak ons foute, wil ons so lewe dat ons kinders U ook sal wil dien. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed