Boodskap vir Vandag

Search

Dit is nie in ons hande nie (2)

“Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou” (Lukas 1:28).

Maria is doenig soos elke middag, dag ná dag, want daar is altyd takies om te verrig. Skielik staan ʼn engel daar en noem haar “begenadig”. Daarna is niks ooit weer dieselfde nie.

Maria se roeping was baie groter as wat sy ooit kon droom.

Ons dink ons skep die atmosfeer, want ons smag na ʼn Godsontmoeting. Ons het die musiek, die ruimte, die skare, die stilte. Keer op keer. Maar dan verras God ons op ʼn ander plek, deur iemand anders, in ʼn ander boek, en niks is ooit weer dieselfde nie.

Of dalk is ons God se verrassing vir iemand anders wanneer ons anders praat, anders optree, anders reageer of anders is as wat ons naaste dink ons gaan wees. Wie weet?

Hoe ook al … dit hang nie altyd van ons af nie. Daarom kan ons spontaan en vrymoedig aanhou dien, preek, praat, bid en liefhê, sonder die las van verwagting dat ons alles moet laat gebeur.

Ek smag na ʼn ontmoeting met U, my God. Verras my. Amen.

Lisel Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed