Boodskap vir Vandag

Search

Dit verbind nie net, maar versplinter ook

God het die mense goed en opreg gemaak, tog het hulle hulle besig gehou met allerlei slimmighede (Prediker 7:29) .

Laat ek eerlik wees, die moderne tegnologie maak my soms hartlik moeg.

Dit bevat gewoon te veel gadgets, soos iemand dit eenkeer gestel het. Of dan, in Afrikaans gesê, te veel toestelle, apparate, patente en uitvindsels.

As dit nie die nuutste kameras, CD-spelers, motors, TV’s of blink horlosies is wat versorg moet word nie, is dit jou rekenaar met ʼn magdom boodskappe wat elke dag in jou inbox kom lê. Om nie eens te praat van jou slimfoon of iPad met sy verskeidenheid toepassings en ononderbroke oproepe en aansprake nie.

Boonop, soos in my geval, is ʼn slimfoon die heeltyd soek. Sodat ek soms van my landlyn af moet bel om die ontwykende foon op te spoor, dikwels in my baadjiesak.

Ek is nie oormatig sinies oor moderne tegnologie nie. Dit verskaf ongelooflike inligting, maak ons lewe geriefliker en bring ons in kontak met plekke en mense by wie ons andersins nooit sou uitkom nie. Só stel Facetime my in staat om gereeld my dogters wat oorsee woon se gesigte te sien en hulle stemme te hoor.

Maar ek is nie aldag seker of die tegnokrate die uitwerking van hulle handewerk of slimmighede, soos die Prediker dit noem, op die menslike gees goed nagevors het nie. Die hedendaagse kennis-tegnologie verbind nie immers net nie; dit fragmenteer en versplinter ook.

Dit beroof ons van stilte en, miskien die ergste, dit neem ons aandag soms so in beslag dat ons, in die woorde van die digter, vergeet dat om ʼn gesig te sién en iemand in die oë te kyk die sleutel tot omhelsing en verwantskap bly.

Here, dankie vir tegnologie wat die gerief en waarde van ons lewe verhoog. Help ons om dit só te hanteer dat dit ons nie van ons menslikheid sal beroof nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed