Boodskap vir Vandag

Search

Doel

En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat

geroep is tot sy doel vir hulle lewe.

– Romeine 8:28

 

Wat is jou doelwit in die lewe? Is dit om genoeg geld te maak om gemaklik te leef? Is jou doel dat jou kinders goed moet presteer? Is dit om uiteindelik daardie huisie by die see te koop en te ontspan?

 

My doelwitte het oor die jare heen baie verander. As jongmens was my belangrikste doel om ’n suksesvolle aktrise te wees. Hierdie fokus het ná die geboorte van my seun verskuif. Ek het ’n loopbaanverandering gemaak en ’n vryskutjoernalis geword. Later het my doelwit weer verander – ek wou ’n goeie sakevrou wees en ʼn suksesvolle huwelik en gesinslewe hê.

 

Die lewe verloop egter nie altyd presies volgens ons drome en verwagtings en doelwitte nie. Verhoudings misluk. Mense raak siek. Mense gaan deur seisoene van verlies en teleurstelling.

 

Soms bereik ons nie óns ideale prentjie en die doelwitte wat ons vir ons lewe gestel het nie. Dan voel ons maklik soos mislukkings. Dit kan ons met ’n klomp onstuimige vrae in ons binneste laat. Dit kan ons selfs teen die Here in opstand laat kom.

 

In sulke tye van teleurstelling is dit belangrik vir ons wat Hom liefhet om ons te onderwerp aan die almagtige hand van die Here en Hom steeds te vertrou; om te glo dat Hy alles ten goede sal laat saamwerk vir dié wat tot sy groot doel vir hulle lewe geroep is.

 

Ek probeer nie meer om God se arm te draai om mý doel te bereik nie. Ek vloei blymoedig saam met sy rivier vir my lewe en ek vertrou dat sy doel vir my lewe die heel beste sal wees.

 

Bruisgebed vir doelwitte: Here, ek vertrou u doel vir my lewe is die heel beste – al is dit anders as die doel wat ek vir myself gestel het. Ek onderwerp my aan u wil, tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed