Boodskap vir Vandag

Search

Draers van hoop en wysheid

Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie – Hebreërs 11:1 (1933/1953-vertaling).

Mense hoop. Ons hoop op voorspoed en vrede en minder misdaad. Matrikulante hoop op sukses. Hartseer mense op vreugde. Boere op goeie oeste. Ouers op ’n mooi toekoms vir hul kinders. Sportmanne op oorwinnings. Verliefdes dat hul verhouding sal uitwerk.

Hoop laat mense in die aangesig van die dood aan ’n brose sprietjie lewe vasklou. Hoop laat terminaal siekes aanhou veg. Hoop is ’n krag in ons lewe. As ons nie hoop nie, kan ons nie leef nie.

God se hartsbegeerte is dat dit met sy kinders goed gaan. Daarom kan ons in moeilike tye vas en seker weet Hy is besig met sy langtermynplan wat langtermynseën inhou.

’n Vrou wat reeds twee keer ’n eggenoot asook ’n dogter aan die dood moes afstaan, sê: “Ek kan aangaan omdat ek met ’n toekomsverwagting leef. Ek leef met die vaste wete dat ek God se kind is. Ek sit, staan en wandel in Christus. As ek sit, sit ek in Hom. As ek staan, staan ek in Hom. As ek wandel, wandel ek in Hom. My hoop is geleë in die wete dat Christus reeds die dood oorwin het en dat ons saam met Hom na ons ewige tuiste op pad is. As gelowige moet ek die ewige hoop wat in my voortlewe na ander aangee. Wanneer ’n mens met daardie hoop leef, kan niks jou vreugde en vrede blus nie!”

Here, dankie vir die hoopgewers rondom ons. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed