Boodskap vir Vandag

Search

Drank

“My liggaam is egte voedsel en my bloed is egte drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, beleef ’n innige verhouding met My en Ek met hom.”

– Johannes 6:55-56

 

Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste syfers ten opsigte van korrupsie, geweld, verkragting, egskeiding en drankmisbruik ter wêreld.

 

Hoe voel jy oor drank? Is jy ’n geheelonthouer? Gebruik jy drank matig en net soms saam met ’n lekker ete of tydens ’n geselligheid saam met ’n groep vriende? Of misbruik jy dit deur elke dag groot hoeveelhede in jou keel af te gooi om jou gemoed op te kikker en met

jou lewe te cope?

 

Drankmisbruik en drankverslawing het nie net ’n nadelige uitwerking op jou liggaam nie, maar beslis ook op jou verhoudings. My reis deur die lewe het my geleer dat ’n mens glad nie ’n sinvolle gesprek met ’n besope persoon kan voer nie. Daardie persoon is op ’n totaal ander bladsy as jy wat nugter is.

 

Ek is nie teen die gebruik van drank by feesgeleenthede nie, maar ek is ook baie bewus van die gevaar wat in oormaat en misbruik verskuil lê. Soveel gesinne is die slagoffers van die nagevolge van drankmisbruik.

 

Verslawing van enige aard is glad nie maklik om alleen te oorwin nie. As jy dus met drankverslawing sukkel, is dit dringend noodsaaklik dat jy hulp sal gaan soek by ’n kliniek of ’n instansie soos die AA.

 

Alle verslaafdes is op soek na ’n plaasvervanger om hulle ware honger of dors mee te stil. Vandag se vers bied vir ons die heel beste plaasvervanger: “My liggaam is die ware voedsel en my bloed is die ware drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.”

 

Bruisgebed vir verslaafdes: Here, help my om my dors en my honger by U te kom stil, met u brood wat lewe gee en met u lewende water. Ek wil in U bly, Here.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed