Boodskap vir Vandag

Search

Droom groot. Bid hard. Dink lank.

In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag – Psalm 5:4 (1933/1953-vertaling).

Ons beleef dikwels nie intimiteit met God nie, juis omdat ons hartritme uit pas is met syne. Om ’n dag-tot-dag-verhouding met Hom te hê moet ons hart se ritme op syne ingestel wees.

Die bekende prediker DL Moody (1837-1899) het elke oggend douvoordag tyd saam met God deurgebring. Hy skryf in sy biografie dat hy elke keer skuldig gevoel het wanneer hy die grofsmid se hamer op die aambeeld hoor voordat hy, Moody, met sy stiltetyd begin het.

Dawid het die krag van hart-tot-Hart-ritme verstaan. Daarom kan hy sonder skroom sê: “In die môre, Here, sal U my stem hoor.” Daardie afspraak met sy Vader het die ritme van sy dag bepaal. Dan het hy sy drome voor God se voete uitgepak. En in vertroue gewag.

Ons probleem is dat ons verwagtinge dikwels nie groot genoeg is nie. Daarom rammel ons ons versoeke bolangs af. Ons onderskat God se almag. Daarom wag ons nie, maar spring self in.

Dawid het groot gedroom. Hard gebid. En lank gedink.

Soos Dawid moet ons dag vir dag met God praat en ons diepste binnekant aan Hom ontbloot. En dan sonder haas wag op sy stem in die stilte.

Ons moet vir onsself tye skep waarin ons sonder agenda God se teenwoordigheid inasem. Dit is dan wanneer die Heilige Gees deur ons waai en ons geestesoë met sy insig verhelder.

Here, ek wil groot droom en hard bid en lank dink. Ek wag op U. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

#2‘God het ons gered sodat ons die ware Jesus kon leer ken’ – Ná jare breek hulle met die kultus
11 November 2026
#1‘God gaan jou vernietig as jy ongehoorsaam is’ – Paartjie lig die sluier ná jare in ’n geslote geloofsgemeenskap
10 November 2026
‘Die moeilikste deel is nie my gesin wat gesterf het nie, dis dat ék oorleef het’
9 November 2026
Van wagtyd tot verwondering: Die grootste lesse wat infertiliteit ons geleer het
5 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.