Boodskap vir Vandag

Search

Een opmerking is genoeg

Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (Spreuke 15:23).

Om met deernis te leef en só ‘n verskil aan ander se lewe, ja, uiteindelik aan ‘n hele samelewing te maak, vra dikwels nie groot dade of opofferinge nie.

‘n Enkele woord van aanmoediging of waardering kan die deure daartoe oopmaak.

Presies soos ‘n familielid onlangs beleef het.

Sy is ‘n goeie onderwyseres – talentvol, slim, verbeeldingryk en iemand wat ‘n storie soos min aan ander kan vertel. Die kinders hang aan haar lippe as sy eers begin. Ek het al baie gedink sy sou ook ‘n suksesvolle aktrise kon word.

En tog twyfel sy soms aan haarself. Alleenheid en die feit dat haar vriende haar (en haar talente) dikwels onderskat en as vanselfsprekend aanvaar, ook min daaroor praat, dra daartoe by.

Daarom het dit soveel vir haar beteken toe die skoolhoof onverwags op ‘n dag na haar draai en met ongekende warmte en deernis in haar stem laat val: “Ek hoop jy wéét dit, dat jy ‘n absoluut briljante onderwyseres is!”

Die son met sy vriendelike lig het vir ‘n oomblik oor haar gaan stilstaan. Haar dag, indien nie die hele week of jaar nie, was skielik gemaak!

Maar dit is wat deernis en egte meelewing kan doen. Dit kan ons hele uitsig en stemming op die lewe verander.

En daarvoor is net één positiewe, deernisvolle opmerking genoeg.

O Here, dankie vir woorde wat ons met deernis en geluk vul. Laat ons dit nie vandag nalaat in ons omgang met ander nie. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed