Boodskap vir Vandag

Search

Eiebelang

Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink. Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel – Filippense 2:4-5 (Die Boodskap).

Ons lewe in ’n samelewing waar die klem op die individu val. Mense jaag hul eie geluk na en dink slegs aan hul eie belange. In die proses vertrap hulle ander sonder meer. Vir hulle maak dit nie saak nie. Solank hul eie drome bewaarheid word en niemand hul spoed breek op pad na die verwesenliking van eie ideale nie. Alles roep uit: Ek!

’n Bekende Afrikagesegde lui: As jy vinnig wil loop, loop dan alleen. As jy ver wil loop, loop saam met mense.

Elke mens se belange is met dié van sy medemens vervleg. Wanneer jy jou eie belange ten koste van dié van ander probeer bevorder, is jy soos ’n kankersel wat aanhou groei en vermeerder. Die kanker vernietig gesonde selle en saai verwoesting; nie net in ander lewens nie, maar ook in jou eie.

Paulus vermaan die Filippense dat elkeen nie nét na sy eie belange sal omsien nie, maar ook na dié van ander. Dit is alleen moontlik as ’n mens verstaan dat ons op mekaar aangewese is en eers waarlik gelukkig kan wees wanneer ons vir mekaar sorg.

Die paradoks is dat ’n mens se belange die beste gedien word wanneer jy dit op die agtergrond skuif om na ander se belange om te sien.

Here, leer my om nie vol eiebelang te wees nie. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed