Boodskap vir Vandag

Search

Ek sien Ma bid

Want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel – Jesaja 29:23.

Ons kinders laat ons besef hoe magteloos ons as ouers is. Deur hulle kry ons nuwe ontsag vir God. Ons besef meer as ooit die krag van gebed. Kinders moet egter nie bloot weet dat hul ouers vir hulle bid nie. Hulle moet dit hoor en sien.

Mark Batterson vertel dat sy oupa saans sy bril afgehaal en sy gehoorstukke uit sy ore gehaal het. Daarna het hy by sy bed gekniel en hardop vir sy nageslag gebid. Self kon hy nie sy gebed hoor nie, maar almal in die huis kon duidelik hoor hoe hy by name vir sy kinders en kleinkinders intree.

My eie ouers het Sondagaande saam hardop vir ons kinders gebid. Daardie gevoel van gelief wees, geborge voel en veilig aan God se sorg toevertrou word, het my my lewe lank bygebly, veral in onseker alleentye weg van die huis. Wanneer God ver gevoel het, was hul gebede ’n ankertou wat my lewensbootjie veilig aan die vaste hawe vasgemeer het.

Ons moenie slegs vír ons kinders bid nie. Ons moet ook sáám met hulle bid. Dan besef hulle dat ons as ouers ook van ons hemelse Vader afhanklik is. Ons kinders ervaar dat ons ook nie alles weet nie. Hulle deel in klein heilige oomblikke wanneer ons onsself voor God blootstel. Hulle sien ons onmag en weerloosheid. Hulle beleef ons soeke na wysheid.

Here, help my verstaan dat afhanklikheid van U ook wysheid is. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed