Boodskap vir Vandag

Search

Enigste troos

Soos ʼn herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie (Jesaja 40:11).

In Jesaja 40 word die profeet opgeroep om sy volk te troos. Dié troos laat dink my aan die woorde in 2 Korintiërs 1:1-7.

Die 1953-vertaling vertaal die woorde “bemoedig” en “bemoediging”, wat telkens in die 1983-vertaling herhaal word, so mooi met “troos” of “vertroosting”: “Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting” (1:3).

Die Griekse woord wat met “bemoedig” of “vertroos” vertaal word, is parakleseos. In Johannes word die Heilige Gees die Parakleet genoem. Dié Griekse woord beteken “intree”, “help”, “pleit”, “comfort”. Die Gees is ons Comforter, die Een wat vir ons intree wanneer ons in nood is. Paulus noem God “the God of all consolation” (2 Kor 1:3, NRSV).

Die Heidelbergse Kategismus vra in Vraag 1: “Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?” Die kort antwoord is: “Dat ek nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort.”

Soos ʼn lam dra Hy my teen sy bors.

Dankie, Here, dat U my troos en vertroos, dat U my soos ʼn lam teen u bors dra. Amen.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed