Boodskap vir Vandag

Search

Ewige Lig

Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ’n ewige lig wees, jou dae van smart is verby – Jesaja 60:20.

Die naam “silwer” is afkomstig van die Sanskritwoord Argenta. Dit beteken “lig”. God se woorde is suiwer, soos silwer wat oor en oor gelouter is. Elke belofte wat Hy maak, sal Hy nakom, want daar is nie ’n greintjie onsuiwerheid in dít wat Hy sê nie.

Psalm 12:7 sluit hierby aan: “Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ’n oond gesuiwer is.” Daarom kan ons selfs in ons donkerste tye aan sy woorde vasklou. God se woorde bring lig in ons donkerte. Want Hyself is Lig.

Die lieflike koorwerk “Lux Aeterna” beteken: Ewige Lig. Die openingswoorde lui: Lux aeterna luceat eis, Domine (“Mag Ewige Lig hulle bestraal, o Here …”). Die lied eindig met die aangrypende woorde: Quia pius es (“Want U is goed”).

In teenstelling met die lieflike lig van silwer wat van binne af uitstraal, verwys Paulus in 1 Korintiërs 13 na ’n stuk klinkende metaal en ’n galmende simbaal. Hierdie instrumente het ’n dowwe voorkoms. Hul klank is kras en dikwels oorverdowend. Daarteenoor is die helder fyn klank van ’n silwer fluit strelend en troostend op die oor.

God se woorde is Lig. Hý is Lig. Lux Aeterna. Ewige Lig!

Here, dankie dat u woorde vir ons lig maak op ons pad. Dankie dat U die Ewige Lig is. Ons eer en aanbid U. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed