Boodskap vir Vandag

Search

Familie

As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry

staan om mekaar met respek te hanteer.

– Romeine 12:10

 

’n Mens kan ongelukkig nie jou bloedfamilie kies soos jy meubels versigtig uitsoek om jou lewe te verfraai nie. Jy kan bloedfamilie ook nie omruil vir ander wat vir jou mooier lyk nie. Jy kan hulle meestal ook nie verander nie. Hulle is wat hulle is. Jou bloedfamilie.

 

Familie is soos ’n paar uitgetrapte skoene – hulle is nie perfek nie, maar ten minste ken jy hulle en voel hulle meestal (redelik) gemaklik. Familie is soos jou vel – deel van jou bloudruk. Hulle deel jou historiese erfenis en dit kan ons nooit ontken nie.

 

Liefdevolle familiebande is seker die heel positiefste invloed in enige mens se lewe. As jy goeie en sterk familiebande het, is dit iets wat jy nooit as vanselfsprekend moet ervaar nie. Maak seker jy hou hierdie kosbare verhoudings in stand deur genoeg tyd en liefde in jou familie in te ploeg.

 

Daar is so baie families wat om verskeie redes verdeel is en deur pyn en skeuring gaan. Mense wat week ná week in afsondering leef, sonder die liefdevolle onder steuning van familie.

 

As jy ’n weeskind is wat smag na ondersteuning, word jy genooi om deel te word van God se groot geloofsfamilie. Besoek verskillende gemeentes en kyk waar jy die gemaklikste voel. Geestelike familielede kom ongelukkig ook nie altyd met ’n paar vlerke en ’n halo nie. Neem

jou egter voor om binne enige familie, bloedfamilie óf geestelike familie, bruisende verhoudings eerder as giftige verhoudings te bou

– om sy Naam ontwil.

 

Bruisgebed vir familielede: Dankie, Vader, vir die voorreg van familie. Help my om gereeld genoeg tyd en energie af te staan om hegte verhoudings met my bloedfamilie en/of geloofsfamilie te bou. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed