Boodskap vir Vandag

Search

Fees

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk (Jesaja 55:1).

In Jesaja 55 word die hoorders na ʼn feesmaal uitgenooi. God is die Gasheer en Hy deel verniet uit aan dié wat honger en dors is. Is dit ʼn toekomstige maal? Is dit ʼn maaltyd in die hede? Is dit regte kos en drank?

Die volk wat hierdie boodskap gehoor het, was in ballingskap en dit sou vir hulle onwerklik geklink het. Iets wat nie kan gebeur nie.

Miskien het die boodskap nie soseer te make gehad met die verandering van hulle omstandighede oornag nie, maar wel met ʼn gegewe waarheid ten spyte van politieke en sosiale omstandighede.

Een kommentaar sê hierdie woorde in Jesaja het die hoorders aangemoedig (prompted) om die volheid van die oomblik en die volheid van God raak te sien.

God in sy volheid is altyd teenwoordig, ongeag omstandighede.

Dankie vir die uitnodiging na u feesmaal waar U die Gasheer is, Here my God. Daar sal ek u volheid raaksien. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed