Boodskap vir Vandag

Search

Fuse

Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.

– 1 Korintiërs 6:19-20

 

Nadat ek die kabels aan die verkeerde punte van my motor se battery gekoppel het, het ek moedeloos in my dooie motor buite Parys gesit en wonder hoe ek gaan terugry stad toe.

 

Ek het ’n plaaslike inwoner met die laaste bietjie batterykrag in my selfoon gebel. Die Samaritaan het vasgestel dat ek ’n paar belangrike fuses geblaas het toe ek die kabels verkeerd gekoppel het. ’n Fuse is ’n baie klein deeltjie van ’n motor, maar tog speel dit ’n geweldig belangrike rol in die meganiese werking van enige motor. Ek sou nie kon terugry stad toe sonder dat die nodige fuses vervang word nie.

 

Dit het my aan die mens se liggaam laat dink. Net soos ’n motor het ons ’n ingewikkelde samestelling met baie klein fuses wat gereeld nagegaan moet word. Vandag se Bybelvers sê ons liggame behoort aan God – dis die tempel waarin sy Gees woon. Ons moet daarom

verstandig optree teenoor ons liggame en dit goed onderhou met gesonde kos, genoeg slaap en ’n gebalanseerde leefstyl.

 

Nie een van ons is bullet proof nie. Maak daarom seker jy druk nie jou liggaam te ver en blaas ’n paar fuses nie. Gesondheid is ’n geskenk en ’n groot voorreg om te geniet. Eers wanneer ons dit verloor, besef ons wat ons gehad het.

 

Bruisgebed vir gesondheid: Here, help my om my liggaam nie af te skeep nie, maar dit met ’n gesonde leefstyl te versorg, soos U van u kinders vra.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 Oktober 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed