Boodskap vir Vandag

Search

Geborge in sy liefde

Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Christus sigbaar kan word in ons liggaam (2 Korinthiërs 4:10).

‘n Ander manier om die praktiese uitwerking van Jesus se opstanding te beskryf, is om te sê dat dit ‘n ongekende soort geborgenheid of sekerheid aan ons lewe verleen.

Dit is tog wat Paulus bedoel wanneer hy ons daaraan herinner dat Christus se opstanding ons finaal aan die invloed van donker magte ontruk het. Sodat ons voortaan onder Christus se heerskappy kan leef – veilig en geborge in sý liefde (Kol 1:13).

Natuurlik verskil hierdie geborgenheid van dié soort veiligheid of sekuriteit wat ons gewoonlik soek, naamlik ‘n veiligheid wat meesal uit vrees en wantroue gebore word. En wat dikwels daartoe lei dat ons ons agter hoë mure en veiligheidshekke afsonder en verskans.

Nee, die geborgenheid of veiligheid wat Christus ons bied, is iets anders. Dit groei namate ons dit waag om juis ons fisiese en emosionele skanse te verlaat en met groter liefde en vertroue buite in die wêreld te gaan leef.

Net soos Christus wat homself voortdurend in liefde vir ander oopgestel het.

Wanneer sal ons tog hierdie groot geheim ontdek waaroor Paulus dit in 2 Korinthiërs 4:7-11 het? Dit is dat egte geborgenheid of sekuriteit uiteindelik geleë is in die moed tot weerlose liefde en diens.

Dit is die moed om aan jou eie vrese en ambisies te sterf en God se krag en beskerming in die navolging van sy wil te vind (2 Kor 4:10).

Here, gee ons vandag weer die moed om weerloos met liefde te gaan leef en só te ontdek dat ons daarmee ons toekoms veilig stel. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 Oktober 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed