Boodskap vir Vandag

Search

Geel

“Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon.”

– Matteus 5:12

 

Watter soort geel dink jy straal jy uit wanneer jy by ’n vertrek instap – by die huis, by ’n onderhoud, by die werk, by vriende, by ’n partytjie, by ’n hospitaal of by die kerk? Het jy ’n hart met ’n geel smile, of ʼn hart met ’n bedrukte suurlemoenfrons?

 

Die goddelike kant van geel verteenwoordig sonnigheid, blydskap, dankbaarheid, optimisme, hoop, geselligheid, vrolikheid, glimlaggies en positiewe energie. Sou jy sê jy het so ’n goudgeel hart? Of weerspieël jy meer gereeld negatiewe eienskappe soos kritiek, klagtes, bekommernisse, angs, suurheid, norsheid, onvergenoegdheid, ontevredenheid en fronse?

 

Daar is verskeie gedeeltes in die Bybel waar die Here sy kinders die opdrag gee om bly te wees, om vrolik te wees, om fees te vier en om dankbaar te wees in die Here. Daar is verskeie rigtingwysers oor hoe om hierdie blydskap te bekom: Vestig jou gedagtes op dinge waarvoor jy die Here kan prys, eerder as op dinge om oor te kla. Vestig jou oë op jou beloning in die hemel, en nie op die ellende op die aarde nie. Omskep jou klagtes en vrese in dankgebede. Tel jou seëninge!

 

Het jy hierdie wenke vir blydskap al in werking gesit, of leef jy steeds koponderstebo in die skadukant van geel? Neem vandag ʼn wilsbesluit om die somber mosterdgeel kleed van jou hart af te trek en te verruil vir die Here se feestelike goudgeel kleed. ’n Bruisende geel hart is nie net tot jou voordeel nie, maar steek almal rondom jou aan met dieselfde lig(geel).

 

Bruisgebed vir sonnigheid: Vader, dankie dat ek toegang het tot die blydskap wat U vir ons wil gee. Ek kies om my hart te vul met alles wat ’n sonnige goudgeel kleur het. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed