Boodskap vir Vandag

Search

Gees

“Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

– Sagaria 4:6

 

Wat doen jy wanneer jy voor ’n groot probleem te staan kom? Span jy al jou mag en krag in en probeer soos ’n stootskraper die hindernis uit jou pad verwyder?

 

Wat doen jy wanneer jy baie graag iets wil hê? Soos bevordering of om iemand spesifiek se guns te wen? Trek jy alle moontlike toutjies om te kry wat jy begeer?

 

Wat doen jy wanneer jy ander mense van hulle sondige lewe probeer bekeer? Watter taktiek gebruik jy? Preek jy? Praat jy kwaai? Swaai jy jou vinger onder hulle neuse rond? Stuur jy vir hulle ’n klomp Bybelverse om hulle te oorreed om van hulle verkeerde pad af weg te draai?

 

Wat doen jy wanneer daar spanning in die huis is? Of konflik by die werk? Bloedvergieting in ons mooi land? Hoe gaan jy te werk? Trek jy jou moue op, bal jy jou vuiste en maak jy harde geluide – om die spanning met geweld te probeer uitroei?

 

Vandag se Bybelvers waarsku ons teen die doodloopstraat waarin ons kan beland as ons op ons eie krag en mag staatmaak om sake in ons guns te probeer manipuleer. Nie met mag of krag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.

 

Maak dit ’n gewoonte om jou vuiste eerder oop te maak en in nederigheid te bid in sulke moeilike situasies. Vra die Gees om jou battles vír jou te fight. Wanneer die Gees in mense se harte werk, hoef jy nie ’n vinger te lig nie. Gee die stryd om positiewe veranderinge aan Hom oor.

 

Bruisgebed vir battles: Vader, ek lê my wapens neer en gee my battles oor aan U om te veg volgens u wil en deur u Gees.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed