Boodskap vir Vandag

Search

Gelukkige eindes

Vir die regverdiges lê daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie – Spreuke 10:28.

Ons begeer gelukkige eindes. Ons lees boeke waarin die held en die heldin mekaar uiteindelik vind en lank en gelukkig saamleef. Ons kyk flieks waarin die goeie die bose oorwin en ons voel weer goed oor die lewe.

Tog weet ons die lewe is nie so eenvoudig nie. Ons beleef onreg, droefheid, verlies, afskeid, geweld, die dood. Ons is nie teen swaarkry gevrywaar nie, want ons lewe in ’n stukkende wêreld wat nog kreun onder die nasleep van die sondeval. Ons is deel van ’n onvolmaakte werklikheid terwyl ons nog op aarde is.

En tog wink daar ’n gelukkige einde vir dié wat vasklou aan die hoop in Christus. Vir die regverdiges wag daar ewige vreugde.

In die rolprent When Harry met Sally vertel Harry dat hy altyd die laaste bladsy van ’n boek eerste lees. Dan weet hy hoe die verhaal eindig. Indien hy sou sterf voordat hy die boek klaar gelees het, het hy die lekkerte van die einde ervaar. Hy kan dus ontspan terwyl hy lees, sonder vrees vir wat gaan gebeur.

In ’n sin is dit waar van ons wat in Christus glo. Ons weet wat die einde van ons aardse boek is. Dit is die ewige lewe. Wanneer sommige hoofstukke vol pyn en swaarkry is, kan ons weer ons kop oplig en met hoop aangaan. Ons ken die einde.

Here, dankie dat dood nie die einde van my lewe is nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed