Ek vra gebed vir hierdie seun wat na al die jare besluit het om te vervreem van sy moeder af. Na sterfte in die familie, familie twis onder kinders het hy besluit om te imigreer en bande te breek.. Johann het sy eie trauma ervaar maar is in opstand met die mees dierbaarse, liefdevolste, trotse ma wat letterlik haar lewe opgeoffer het vir haar kinders, EK vra dat julle asseblief sal bid dat hierdie seun onder "verwarring" sal uitbeweeg en dat hy geestelike oe en weer n sagte hart sal ontwikkel teenoor sy ma
Baie dankie vir almal wat vir hulle sal bid
Groete
-el-
Gebed dat my seun goeie besluite sal neem. Dat die Here asseblief vir hom deure sal oopmaak, dat hy vertroue sal kry eerste in God en dan in homself. Dat wat ookal die toekoms vir hom inhou dat sy pad deur Christus bepaal sal word. Bid asseblief dat my kind selfvertroue sal ontwikkel. Hy is n goeie kind en lief vir mense. Sal iemand asseblief bid dat God sy voete sal ly, sy hande sal seen en hy altyd integriteit sal he. Asseblief, my kind benodig soveel gebed as moontlik, en dankie byvoorbaat vir almal wat my seun opdra, ek vra dat God julle almal sal seen. Amen
My broer gaan deur n moeilike tyd. Twee weke terug het hy sy landlord dood in die huis aangetref. Hy sukkel om standvastige werk te kry, en nou is sy behuising ook in gedrang. Bid asb saam dat God vir hom n weg sal baan.
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.
Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Steek ’n kers aan
Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Daaglikse Inspirasie
Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.