Boodskap vir Vandag

Search

Gesteelde water is soet

Dwaasheid is soos ’n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake. Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad, en sy roep na dié wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan: “Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!” Sy sê vir dié wat kennis kortkom: “Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word, is lekker!” Dié wat na haar luister, besef nie dat die dood self daar wag nie, dat dié wat hulle deur haar laat nooi het, klaar diep in die doderyk is nie – Spreuke 9:13-18.

Die Bybel in praktyk skryf soos volg oor bogenoemde gedeelte: “Daar is iets hipnoties en bedwelmend omtrent boosheid. Een sonde lei daartoe dat ’n mens nog meer wil doen, en sondige gedrag lyk soveel meer opwindend as ’n ‘vaal’ geloofslewe.”

Dwaasheid roep almal wat dwaas en onkundig is om na haar huis af te draai en haar gesteelde kos te gaan eet. Haar beloftes klink aanloklik: “Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word, is lekker!”

Dit klink soos ’n refrein uit ’n kinderverhaal waar karakters dikwels met lekkernye verlei word. Sneeuwitjie kan die versoeking nie weerstaan om ’n hap van die rooiwangappel te neem nie. Hansie en Grietjie word deur ’n lekkergoedhuisie bekoor.

Dwaasheid weet hoe om ’n niksvermoedende verbyloper te lok. Haar uitnodiging is gul: “Koel soet water en ’n feesmaal.” Dit bring kitsbevrediging, maar die genot is soos ’n verskietende ster. Ná die opwinding kom ondergang. Stukkie vir stukkie word die dwaas by ’n lewe ingetrek wat uiteindelik tot die dood lei.

Dit is ’n dag-tot-dag-keuse.

Here, bewaar my van Dwaasheid! Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed