Boodskap vir Vandag

Search

Glinstervlieg

God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal – 2 Korintiërs 4:6.

In die dorpie Prince Alfred Hamlet word daar elke jaar ’n Liggiefees gehou. Inwoners en besoekers van oraloor vergaap hulle aan die skouspel. Terwyl ons tussen die liggies deurstap, kyk ek op. In die swartblou lug bokant ons hang die maan. Ek besef: Die flikkerende liggies rondom my is tydelik, maar die maan is altyd daar, onverstoorbaar in sy wentelbaan.

Daar is diep wyshede wat soos die son en maan konstant in ons lewe is. Dit is die wysheid waarvolgens ons ons lewe moet inrig. Sommige wyshede is vlietende kersliggies wat kortstondig ons lewe verlig. Hulle is egter ook betekenisvol. Dikwels gee ’n enkele WhatsApp-gedagte hoop vir ’n dag wat donker voor ons uitstrek.

In haar gedig “Komma” beskryf Sheila Cussons ’n vuurvliegie wat op haar hand kom sit:

’n Glinstervliegie kleiner as ’n komma

kom sit vertrouend op my hand

en begin sy persoon te versorg, […]

soos hý so tuis

vermetel tuis is ek in U:

O Onveranderlike, Oneindigende, Onbeginnende Woord deur Wie ’n klein verrukte vuilerige kommatjie flits.

Here, maak my oë en hart oop vir al die gedaantes waarin wysheid by my kom aanklop. Dankie dat ek, “verrukte vuilerige kommatjie”, ook ’n draer van u wysheid mag wees. Amen.

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed