Boodskap vir Vandag

Search

God bel my

Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang – Spreuke 11:3.

Ek lees ’n swak vertaalde stukkie oor eerlikheid: “Die Bybel het baie te sê oor eerlikheid, aangesien God Christene gebel het om eerlik te wees.”

God tel natuurlik nie fisiek ’n foon op om met ons te praat nie. Tog sê die woord “bel” eintlik presies wat God doen. Hy doen ’n beroep op ons om eerlik te lewe. Dit is nie sommer ’n breë algemene versoek wat ons kan oorweeg indien ons lus voel nie. God “bel ons persoonlik”.

Die oorspronklike Griekse woord wat soms in die Bybel as “eerlikheid” vertaal word, beteken letterlik “iets wat van nature goed is”. Jesus moedig sy dissipels aan om “opreg soos die duiwe” te wees. Hulle moet niks voorgee wat hulle nie is nie. Nie veins of aanstellerig wees nie. Net wees wie hulle is. Eenvoudige vissermanne met ’n passie vir Christus. ’n Eerlike mens staan uit tussen ander. In Johannes 1:47-48 lees ons van so ’n man: “Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: ‘Hier is ’n ware Israeliet, ’n man in wie daar geen bedrog is nie.’ Natanael vra Hom toe: ‘Waarvandaan ken U my?’ ‘Voordat Filippus jou geroep het,’ antwoord Jesus hom, ‘toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.’”

Jesus ken ons deur en deur. Ons kan niks vir Hom wegsteek nie.

Here, ek wil eerlik en opreg soos die duiwe lewe. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed